Home Facilities  | Activities Tariffs/Bookings Map Directions  Photo Gallery Contact us Afrikaanse Tuisblad

 

Winton Gastehuis - waar vreemdelinge vriende word...
gasheer en gasvrou van Winton Gasteplaas, Koos en Susan, nooi u om 'nn tydlose en onvergeetlike verblyf te geniet te midde van hul warmte en unieke gasvryheid. 




Hierdie gasteplaas is geleë in die hartjie van die Kalahari, Suid-Afrika, en hier wag onversteurde natuur en die wonder van miljoene sterre om jou lewe vir altyd te verander. Kom asem die vars lug in, verkyk jou and die pragtigste sonondergange (en -opkomste vir dié wat vroeg uit die vere is) en laat jou siel verkwik word deur die stilte van die Skepping 

Gesellig om die vuur Geniet die ontspanne atmosfeer van 'n regte Kalahari plaas  en ervaar 'n ponie- of donkiekarrit, sien hoe koeie gemelk word, ry perd in die oop veld  of slaan jou tentjie op tussen ruie bosse onder die sterrehemel. 

 

In die gastehuis word daar van 'n outydse  "donkie" gebruik gemaak om warm water te maak, en gekook op 'n tradisionele koolstoof of by die gerieflike braaifasiliteite. 

Stadsjapies en hul kinders sal 'n besoek hier en natuurlik die unieke plaasondervinding nooit vergeet nie.

Tydens 'n besoek aan Winton Gasteplaas word vreemdeling vriende, en die verlange om weer eendag terug te keer hierheen bly 'n mens vir altyd by. 

Familievoël nes

Een van die aktiwiteite wat u op die gasteplaas kan meemaak is om self te sien hoe die sandblaas-proses (sandblasting) gedoen word. Ons doen dekoratiewe sandblaaswerk op glas, spieëls en vlekvrye staal en skep hiermee die ideale geskenk... Sien meer hieroor by ons sandblaas - webtuiste.


Tydens 'n staptog in die veld kan 'n mens die Kalahari  vlaktes vir myle ver besigting en ook die son sien sak in die weste

 

Home Facilities  | Activities Tariffs/Bookings Map Directions  Photo Gallery Contact us Afrikaanse Tuisblad


<< Op datum gebring op 21-01-2012
© Winton Gastehuis 2002